Het die vraag jou laat wonder?  Of dalk is jy geskok – Algebra, ‘n kind?  Waarom wil jy dit aan ‘n kind doen?  WAAT???  Net nie ALGEBRA nie!  Meeste van ons slaan in ‘n koue sweet uit as ons net die woord hoor. 

 

Wag, Wag, Stop die bus!

Dis eintlik nie so erg nie.  As jou kinders nou al ‘n PRET, LEKKER, POSITIEWE ingesteldheid kry rondom algebra, dink jy nie die vak gaan meer positief ind ie hoërskool aangepak word nie?

 

Maar hoe gaan prentjies my help met algebra?  Ons kry elementêre algebra en abstrakte algebra.  Die elementêre algebra lei die kinders an die abstrakte algebra.   Hier is ‘n voorbeeld van elementêre algebra.

 

Kom ons begin by die volgende raaisel:

 

Ons weet die antwoord is 8.  Maklik, nê?  

Dit is elementêre algebra.  Maar in algebra gebruik ons nie oop boksies nie, dis heeltemal te veel werk om elke keer ‘n boksie te teken, ons gebruik eerder ‘n letter x, y of enige ander een.

Dis hoe eenvoudig dit is.  Die letter x beteken net ëk weet nog nie wat dit is nie”.  Dit word die onbekende, of veranderlike genoem.  Wanneer ons dit oplos, skryf ons:

Ons gebruik ‘n letter, omdat dit makliker is as om elke keer ‘n oop boksie te teken.  Nog ‘n rede vir ‘n letter is om maklik te kan onderskei as ons meer as een onbekende het.  Met prentjie wiskunde gebruik ek prentjies in plaas van letters.  Prentjies maak dit outomaties meer pret.  Prentjies maak die kind gewoond aan ‘n abstrakte konsep (‘n prentjie in die plek van ‘n getal) op ‘n konkrete manier.

 

So, ons som word nou:

 

Prentjies maak dit lekker kreatief.  

 

Raaisels is goed vir die brein – soveel te meer as ons dit geniet!   Jou kind KAN algebra geniet!  En ek wil amper dit waag om te sê dalk gaan jy dit ook geniet?

 

 

 

 

 

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X