Hoe kan ek jou help?

Die eerste twee dele van hierdie reeks het gekyk na wat jou daarvan weerhou om jou drome te bereik, asook nuwejaarsvoornemens. Die tweede deel het jou ’n hoëvlak plan gegee om jou drome te realiseer en jou doelwitte te bereik. Maar, ons almal se reis verskil en dit is baie maal die besonderhede van die “reis” wat ons laat struikel.

Lewensafrigting: Jou lewensafrigter is opgelei om jou by te staan en jou hindernisse te oorkom; om seker te maak jy bly gemotiveerd; om jou op koers te hou; te verseker jou doel is betekenisvol; om jou verantwoordbaar te hou; en jou te herinner waarom dit so belangrik vir jou is. Jy kry die volle aandag van jou afrigter vir ’n uur lank per week. Ek het resultaatafrigting studeer wat op breinnavorsing geskoei is. Die gereedskap en inligting wat ons ontvang het is ontwikkel om jou te help om die resultate te bereik waarna jy so smag. Lees gerus die getuigskrifte van my kliënte op my webtuiste.

Groepafrigting: Hierdie opsie is goedkoper as individuele afrigting. Jy en twee of drie vriende besluit dit is tyd vir verandering, maar kan nie die inidividuele opsie bekostig nie. Groepafrigting is meer ekonomies, maar jy sal minder een tot een interaksie met die afrigter hê.

Besigheidsafrigting:  Besluit om AAN jou besigheid te werk deur 3 inspirerende doelstellings neer te sit wat jou besigheid na die volgende vlak sal vat. Kan jy bekostig om dit nie te doen nie? Jy kan kies om individuele afrigting of afrigting in ‘n groep van besigheidseienaars te ontvang.

Leierskapsafrigting: Dit is ‘n groot uitdaging om ‘n leier of bestuurder te wees en baie keer kom dit met min ondersteuning. Sluit jou potensiaaloop deur op jou leierskapstyl te fokus en word die leier waaroor jy altyd gedroom het. 

Seminare: Ek bied seminare oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe aan, insluitend die menslike brein, verhoudings, balans, energie, emosionele intelligensie, projekbestuur en kommunikasie. Kyk na my webtuiste vir inligtingsaande indien jy sou belangstel.  

Kontak my indien enige van hierdie opsies met jou resoneer.

wilmien@wilmiendavisconsulting.co.za

www.wilmiendavisconsulting.co.za

 

0836339525

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X