DEEL 1: Die wiskunde – die som maak sin! Of doen dit?

Statistiek bewys dat 81% van alle inisiatiewe vir verandering nie uitwerk nie.  Verandering is moeilik, baie moeilik. Kyk bietjie na my blog oor Nuwejaarsvoornemens.

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/88-waarom-nuwejaarsvoornemens-selde-werk

Indien verandering maklik was, sou dit nie so ‘n groot probleem vir almal gewees het nie. Naas Nuwejaarsvoornemens, is verandering amper ‘n vloekwoord vir sommiges. Nie net in die normale omgang van die lewe nie, maar ook in organisasies. Hoekom sal dit so wees? Moenie ‘n ding wat ‘werk’, verander nie, reg?

Ek gaan ‘n paar analoë gebruik om my denke oor hierdie punt te illustreer. Kom ons kyk na volwasse kaas (Mature Cheddar).  Wanneer jy ‘n fynproewer is, wil jy graag elke keer dieselfde goeie kwaliteit kaas aankoop. Dink net aan die teleurstelling wanneer die vervaardigers die resep of die bestanddele verander. Die finale produk is net nie meer dieselfde kwaliteit waaraan jy gewoond is nie. Hierdie verandering was nie ten bate van die kliënt óf die vervaardiger nie. Nog ‘n voorbeeld is wanneer die bestuur of die bestuurstyl van ‘n restaurant verander – menige keer het dit ‘n dramatiese impak op die ervaring van die kliënt.  Dink aan die kwaliteit van die kos of die kelner, die proses om die bespreking te maak, betaal van die rekening, kosbestelling – al hierdie aspekte beïnvloed jou ervaring.

Soms werk verandering ten goede mee en ander kere is dit die ondergang van ‘n maatskappy. ’n Mens moet altyd ‘n klomp aspekte ondersoek wanneer jy iets wil verander. Jy wil nie verander net vir die pret van die saak nie. Oorweeg slegs verandering as jy ‘n beter produk wil gee of dieselfde kwaliteit produk teen ‘n beter prys. Kyk na die kaas analogie: Indien kaas jou finale produk is, kan jy die resep verander (dit sal die smaak van die kaas beïnvloed) – dit kan ‘n positiewe of negatiewe impak op die finale produk hê. Jy kan die toerusting verander om dieselfde kaas meer bekostigbaar te maak. Jy kan die bestanddele verander, maar dit kan weer die kaas se kwaliteit beïnvloed. Een van die hoofbestanddele van kaas is die kultuur wat gebruik word. Indien jy die kultuur verander, gaan jou pruduk totaal verskillend wees. Indien dit is wat jy wou hê, fantasties, maar indien jy beter kwaliteit nagestreef het, is jy in vir ‘n groot verrassing!

Baie kere fokus ons so op die kultuur in ons maatskappye, maar wees versigtig – verander slegs die kultuur as jy weet watter kaas jy wil vervaardig. Dit help net mooi niks om die kultuur te verander as jy nie wil hê die produk moet verander nie. Indien jou probleem produktiwitiet is, moet die verandering nie noodwendig die kultuur wees nie. Oorweeg eerder om die sisteme en prosesse te verander.

Kultuur is belangrink, maar dit is beslis nie die belangrikste aspek nie. Kultuur is nie noodwendig die wortel van die kwaad nie. ‘n Mens kan nie uitsluitlik of direk slegs op die kultuur fokus in tye van verandering nie – dit is meer kompleks en geïntegreerd as slegs die kultuur.

Kultuur word beïnvloed en gevorm deur:

Die bestuurder se styl.

Die maatskappy se strukture en prosesse.

Die mense.

Aansporings (prestasiebonusse).

Gedrag en uitsette.

Ens.

 

Nie al die aspekte van die bestaande kultuur is sleg nie. Sommige gewoontes of aspekte van die kultuur is goed – dit is wat die maatskappy laat oorleef het. Behou die goeie – verbeter daardie sterk punt.  Ek het besigheidsafrigting gedoen by ‘n onderneming vir grafiese en webtuiste-ontwerp.  Hulle wou onder meer die kultuur van die maatskappy van ‘n negatiewe, veroordelende, sensitiewe omgewing verander na ‘n positiewe, betrokke, outonome omgewing. Hulle het vining besef dat hulle ‘n ongelooflike kreatiewe span het en dit moes nie verander nie. Al die veranderingsinitiatiewe moes die kreatiewiteit wat hulle in hul ontwerpe laat uitstaan, beskerm. Indien hulle daardie aspek van hulle kultuur nie beskerm het nie, sou hulle al die ander goed bereik het en die een deel wat hulle kompeterend maak, verloor het.

Jy moet die strategie van jou span of maatskappy met dié van die huidige kultuur vergelyk.  Watter aspek van die huidige kultuur ondersteun die strategie?  Indien jy voel dit tel nie logies op nie is daar ‘n vermenigvuldigings effek. En dít is die gevolgtrekking waarmee ek vorendag gekom het nadat ek hierdie onderwerp bestudeer het.

Hier is my formule vir verandering.

 

Met die formule vir die metafoor:

 

Vir die wiskundiges onder ons: dit volg dat wanneer jy die leier/bestuurder insette positief vermeerder, die verandering/produk ook sal vermeerder. Net so, indien jy die individu/span insette postief verander sal dit ook die verandering positief verander. Maar, indien jy die sisteme en prosesse vermeerder, gaan die verandering heel moontlik afneem. 

In opsomming van Deel Een van die reeks oor Verandering en Kultuur, die volgende:  Watter tipe kaas wil jy maak? Cheddar/Feta/Pecorino. Is die “Nuwe” kultuur realisties? Sal dit die produk wat jy nodig het vervaardig, en sal die produk beter wees as die oorspronklike produk? Kultuur is slegs EEN van die kritiese bestanddele om permanente verandering in jou maatskappy teweeg te bring.

 

Dele 2-6 sal al die verskillende aspekte van die vergelyking in diepte bespreek.

 

 

 

 Indien jy die hele reeks wil lees, hier is die skakels:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/94-kultuur-en-verandering

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/96-kultuur-en-verandering-deel-1-die-wiskunde-van-verandering

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/98-kultuur-en-verandering-deel-2-die-groot-kaas

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/101-kultuur-en-verandering-deel-3-die-bestanddele-van-kaas-2

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/104-kultuur-en-verandering-deel-4-die-gereedskap-om-verandering-te-maak-2

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/106-kultuur-en-verandering-deel-5-dit-tel-alles-op-die-resep

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/108-kultuur-en-verandering-deel-6-verandering-in-die-bybel

 

En indien jy die Engelse weergawe verkies:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/93-culture-and-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/95-change-and-culture-part1-the-maths-of-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/97-change-and-culture-part-2-the-big-cheese

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/99-culture-and-change-part-3-the-ingredients-of-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/102-change-and-culture-part-4-the-equipment-for-making-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/105-change-and-culture-part-5-it-all-adds-up-the-recipe

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/107-change-and-culture-part-6-change-in-the-bible

 

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X