DEEL 5: Dit tel alles op – die resep.

Uiteindelik is dit tyd om na die resep te kyk, nadat ons al die tyd spandeer het om na al die elemente van die wiskundige vergelyking te kyk wat ‘n impak op verandering het. Ek hoop nie jy gaan teleurgesteld wees nie, maar ek gaan NIE vir jou DIE resep gee vir verandering nie. Ek glo onwrikbaar dat die resep verander na gelang van elke organisasie se omstandighede en elke tipe verandering wat nodig is. Net soos elke tipe kaas ‘n ander resep het, het elke organisasie sy eie resep.

Ek glo daarin om na elke organisasie individueel te kyk en ‘n nommerpas program vir verandering vir hulle spesiale omstandighede uit te werk.

Tog sal ek jou ietsie in hierdie blog gee. Ek sal aan ‘n paar basiese beginsels raak wat die resep se besonderhede kan begin bepaal.

Die resep moet die volgende aspekte insluit:

  1. Die bestuurder. Wat moet die bestuurder in sy optrede verander in die groter prentjie?  Executive Coaching is ‘n wonderlike stuk gereedskap wat die bestuurder kan help om in die area te groei waarin hy/sy die meeste wil verander.
  2. Die werknemers. Spandeer soveel moontlik tyd om te verstaan wat die een of twee goed is wat die verandering kan keer en wat die optrede en denkwyses is wat verandering kan beperk. Middelbestuur- en werknemerlewensonderrig kan baie waarde toevoeg om elkeen te help om dinge beter te verstaan en om meer insig te kry oor die onderliggende strominge.  Span onderrig kan ook ‘n paar goed uitbring en terselfdertyd lig dit die moraal van die goep.  Strengthfinder is ook ‘n wonderlike hulpmiddel om ‘n span beter te verstaan en om ‘n prentjie te skets van die algehele kultuur in die organisasie.
  3. Sisteme en prosesse. Maak huis skoon. Elmineer alle onnodige stappe wat groei en effektiwiteit negatief beïnvloed.
  4. Kry ‘n paar “laag hangende vrugte” wat die groter kultuur ondersteun.  Spreek een op ’n slag aan. Dán kan jy begin om die meer komplekse gewoontes aan te pak. Onthou, nie alle gewoontes van die vorige kultuur moet verlore gaan nie.
  5. Besluit met wysheid op belonings, maar maak seker die grense (goed en sleg) word beskerm.
  6. Neem klein treë.  Oorweeg om positiewe verklarings, kwotasies, visie borde, weeklikse fokus areas, ens. te gebruik.
  7. Kry ‘n opregte, betroubare konsultant wat jou maatskappy se belange op die hart dra. Dit kan jou help om die kern kwessies te identifiseer en om praktiese planne te maak om dit te oorkom.
  8. Volg ‘n plan kronologies. Moenie net inspring en al die stappe onmiddellik aanpak en in parallel probeer uitvoer nie. Beplan dit logies en onthou die belangrikste goed moet eerste gebeur.

 

 

 Indien jy die hele reeks wil lees, hier is die skakels:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/94-kultuur-en-verandering

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/96-kultuur-en-verandering-deel-1-die-wiskunde-van-verandering

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/98-kultuur-en-verandering-deel-2-die-groot-kaas

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/101-kultuur-en-verandering-deel-3-die-bestanddele-van-kaas-2

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/104-kultuur-en-verandering-deel-4-die-gereedskap-om-verandering-te-maak-2

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/106-kultuur-en-verandering-deel-5-dit-tel-alles-op-die-resep

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/108-kultuur-en-verandering-deel-6-verandering-in-die-bybel

 

En indien jy die Engelse weergawe verkies:

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/93-culture-and-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/95-change-and-culture-part1-the-maths-of-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/97-change-and-culture-part-2-the-big-cheese

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/99-culture-and-change-part-3-the-ingredients-of-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/102-change-and-culture-part-4-the-equipment-for-making-change

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/105-change-and-culture-part-5-it-all-adds-up-the-recipe

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/latest-consulting-news/107-change-and-culture-part-6-change-in-the-bible

 

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X