Het jy al die hoofrekene metode probeer?  Werk dit vir jou gesin?  Vandag gesels ek oor die finale idee rondom liefde vir wiskunde, hoop jy geniet dit.  VAndag vat ek al vier vorige blogs saam in die groter idee – wat probeer ons werklik bereik?  

 

MOENIE 5: Moenie so op die detail fokus, dat die groter prentjie verlore gaan nie.

 

Ek het al te veel in die lewe gesien hoe dinge werk: Ek onthou baie goed, van die uitblinkers in laerskool, was nie noodwendig die uitblinkers op hoërskool nie.  Ek onthou in hoërskool, graad 11 (toe standerd 9) was ek die beste van die leerlinge in die standerd, maar ons moes met ‘n ander skool saamsmelt, want die Arikaanse leerlinge in Pietermaritzburg het minder en minder geraak en hulle kon nie meer twee Afrikaanse hoërskole regverdig nie.  Dus moes ek in my matriekjaar na ‘n nuwe skool toe gaan, met helfte van die kinders vreemd, helfte van die onderwysers vreemd en natuurlik die skoolterrein heeltemal vreemd.  My matriek jaar was ek nie eers onder die eerste 10 nie!!  Sukses in graad 11 het nie noodwendig sukses in graad 12 beteken nie.  Tog het ek met ‘n paar onderskeidings weggestap en is ek die volgende jaar universiteit toe vir ingenieurswese. 

 

Ek het my eerste jaar baie goed gevaar op universiteit, selfs beter as van die wat in matriek beter as ek gedoen het, so het ek ook besef diegene wat die beste doen op universiteit is nie noodwendig diegene wat die beste doen in die werksplek nie.

 

Om goed te doen in matriek is nie noodwendig

‘n maatstaf van sukses verder in die lewe nie.

 

Moenie die groter prentjie uit die oog verloor nie.  Om vandag nie 7+8=15 vinnig te kan doen nie, is geen maatstaf van jou kind se vermoëns nie, al kan ander kinders een jaar jonger dit in hulle slaap doen!  Alhoewel ‘n vorige pos genoem het dat jy groot moeilike take in kleiner stukkies moet opbreek, moet jy ook nie so vasgevang raak in die detail, dat jy vergeet waarmee jy eintlik besig is nie.  Ek weet, ek het ook daarmee gesukkel, en dan het jou kind nog ander vakke ook!

 

              MOET 5: Hou die groter prentjie in gedagte.

 

Jy kan!  Jou kind kan!  Dit wat jy nou deurwerk is nie jou kind se eindbestemming nie.  Jou verhouding met jou kind is baie meer kosbaar as om vandag se wiskundesom perfek te doen.  Jou kind se toetsuitslae of gemoedstoestand is GEEN indikasie van sy/haar potensiaal vorentoe nie. 

 

Rome is nie in een dag gebou nie.

 

Elke dag vorder jy stappie vir stappie nader aan die eindbestemming.  Sommige dae vorder julle vinniger as ander, dis doodnormaal.  (Ek weet my ma gaan hierdie lees en oor ‘n week as ek moedeloos is, my eie woorde aan my herhaal) J J J.  En dis wat ons moet doen, ons moet mekaar herinner en motiveer met hierdie moeilike paadjie.  En glo daar is hoop, die hoop beskaam nie.  ““

 

Jy het nou 5 strategië om jou te help met die ingesteldheid vir wiskunde in jou gesin.  Kom ons hou hierdie gesprek lewendig en laat weet my of dit vir jou gehelp het, of daar ander probleme is wat jy ervaar waaraan ek nog nie gedink het nie en ons help mekaar op hierdie pad.

 

Sterkte, hou moed en wees positief!

 

  As jy dalk die eerste artikel in die reeks gemis het, kan jy dit by hierdie skakel kry:

 

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/128-lief-vir-wiskunde-jou-ingesteldheid

 http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/129-lief-vir-wiskunde-jou-fokus

http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/130-lief-vir-wiskunde-stap-vir-stap

 http://www.wilmiendavisconsulting.co.za/my-school/131-lief-vir-wiskunde-sterk-basis

 

 

 

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X