Sudoku is een van die gewildste raaisels van alle tyd.  As ‘n logiese raaisel is Sudoku ‘n uitstekende breinspeletjie.  Hierdie populêre Japanese raaisels spel is gebasseer op die logiese neerskryf of plasing van getalle.  Dit vereis geen berekeninge of spesiale wiskunde vaardighede nie.  Al wat jy nodig het, is jou brein en konsentrasie!  Almal kan en dis lekker as jy die raaisel oorwin het!  Tog is dit frustrerend vir die kinders, hulle wil so graag, maar vind die grootmens Sudokus bietjie bo hul vuurmaakplek.

 Sudoku kom gewoonlik in ‘n 9×9 blokmatriks voor. 

Dis soms intimiderend, maar wanneer meer getalle ingesit word of wanneer jy met ‘n kleiner blokmatriks begin, kan die logiese denke stelselmatig, stadig, maar seker opgebou word. 

Dit gee meer selfvertroue en maliker oplossings.  Die maklikste weergawe is ‘n 2×2 matriks wanneer jy met jong kinders begin

Daar is ook soveel variasies van Sudoku wat dit lekker interressant maak en nooit ‘n verveelde oomblik het terwyl jy jou brein lekker oefen nie.

 

Wiskunde hoef ook nie altyd net syfers of getalle te wees nie.  Kinders is baiekeer meer in prentjies geïnterreseerd EN natuurlik in plakkers.  Kombineer al hierdie pret aktiwiteite en jy kry wonderlike, lekker, prentjie Sudoku wat geleidelik moeliker word en jy los die probleem met plakkers op!  Jy hoef nie eers te skryf nie!.

 

Baie maklik:

Geleidelik moeiliker:

 

Share this item
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
X
X
X
X
X